Ons dank ons Skepper

Die gemeente Potchefstroom-Noord is op 6 Maart 1948 van die twee moedergemeentes Potchefstroom en Mooirivier afgestig. Deur die goedgunstige toestemming van die onderwysdepartement, en veral die hoof van die Potchefstroomse Onderwyserskollege, is die dienste in die saal van die kollege gehou. Op 21 Augustus 1948 is ds. L.J. Loots as eerste herder en leraar van die gemeente bevestig. In November 1949 is ‘n nuwe pastorie in gebruik geneem. Op 10 Februarie 1951 is die hoeksteen van die kerksaal deur mev. ds. Loots gelê. op 1 April 1951 is ds. J.H. Lourens, kapelaan van die SA Staande Mag op Potchefstroom, ingeskakel en as herder en medeleraar van die gemeente bevestig.

Om ‘n Christen te wees, is meer as net ‘n oombliklike bekering – dit is ‘n daaglikse proses waarvolgens jy groei om meer en meer soos Christus te wees.

Billy Graham

Duisternis kan nie die duisternis verdrywe nie; net lig kan dit doen. Haat kan nie haat uitdryf nie; Slegs liefde kan dit doen.

Martin Luther King, Jr.

God kan nie vir ons ‘n vreugde en vrede buiten Homself gee nie,

want dit is nie daar nie. Daar is nie so iets nie.




C. S. Lewis